Net wanneer mens dink jy het alles gesien, dan spring daar weer ietsie uit wat jou daaraan herinner dat daar miljoene mense op onse planeet is en dat ‘n ieder en ‘n elk sy eie idees het. Troukoeke was die laaste paar dekades tradisoneel vrugte koeke met lae en torings en ‘n bruidspaar bo-op. Lank nie meer nie.
Kyk hierdie skeppings:
Sjokolade is hoog mode.
Ander gaan weer vir maksimum impak. Let op die fonteine.
Of sommer net grotesk.
En my persoonlike gunsteling. (Wonder hoe die bruid gelyk het?)








Ogies Said:
on October 9, 2008 at 6:50 am
Genugtig!!
meermin Said:
on October 9, 2008 at 10:54 am
Derde prentjie – koek – wow!! Wat op aarde kos so koek net nie! Wie ever dit gebak het en versier het, ken van! Ek gaan nie eers probeer nie, sal my naam met ‘n plank slaan! Die sesde koek, dit is te mooi, ek sou dit nie laat opsny het nie!! Ure en ure se werk is in daardie koek! My vraag is nou net, hoe op aarde vervoer mens so koek?
WOW is al wat ek uitkry, dit is so mooi!
Marina Said:
on October 13, 2008 at 12:50 pm
O, KOEK!!!
Dellie Said:
on October 15, 2008 at 6:35 am
lol @ Marina!
Die blou gedoente lyk vir my nogal mooi. Maar die sjokolade ene lyk of dit die lekkerste gaan proe!