Archive for Junie, 2008
{ Junie 26, 2008 @ 8:20 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Ons bly maar by die dames wat ons bruide so mooi help. Hierdie een het regtig ‘n nagmerrie dag gehad met erge gevolge.
Die troue was op ‘n vlot op ‘n dam. Bruid trek in een van die gaste rondawels aan en strooimeisie moet help. Alles is te wonderlik. Strooimeisie gaan uit haar pad om dit vir bruid lekker te maak. Trourok hang teen die kas, skoene staan gereed.
Terwyl bruid in ‘n skuimbad ronddryf, pak strooi solank ‘n lekker vuur in die kaggel aan. Sommer net vir atmosfeer, want dit is erg warm. Wat sy nie besef nie, is dat die skoorsteen se trek toegemaak is vir die somer. Binne minute is die kamer so dik van die rook dat jy niks kan sien nie.
Bruid gil uit die bad dat sy brand ruik. Onstpan jy sê strooi, dis net die kaggel. Rook borrel nou by die vensters uit en vlamme begin lek aan die kunsblomme op die kaggel rak. Strooi besluit om vensters en deure oop te gooi. Fout. Suurstof stroom in.
Kort voor lank slaan vlamme uit deur die grasdak. Mense kom aangestorm om te help. Bruid gil soos maervark innie badkamer. Strooi staan verslae en kyk hoe die hut brand. ‘n Oom met ‘n groot bakkie, hak ‘n ketting aan die badkamer se klein staalvenster en pluk ‘n gat in die muur. Bruid strompel net in haar handdoek uit.
Twintig minute later is alles verby en trek daar net bolle rook uit die gebluste hut. Verslae sit bruid en strooi op ‘n bankie en rook maar ‘n sigaret.
Later het ons troue gehou – bruid het goed gelyk in strooimeisie se rok, wat deur die genade nog in haar kar was. Almal sal hierdie troue nog lank onthou.
{ Junie 23, 2008 @ 4:39 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Bruide kies gewoonlik vrouens naby aan hulle om hul te help op hul troudag. Die engelse praat van matron of Honour – ons praat van strooimeisie. Hoe dit ookal syn, die strooimeisie het ‘n belangrike job en dit is om te sorg dat bruid kalm bly en op tyd klaar kry.
Nou is daar mos maar die uitsonderings. Met my aankoms by die aantrekplek van die bruid, vind ek die deur toe. Binne is ‘n hewige argument aan die gang, dus wag ek maar geduldig dat hulle klaarkry. Maar wie ookal so tekere gaan daar binne bou net meer spoed op.
Meteens word die argument gestaak nadat ‘n glasvoorwerp deur die venster agter my bars. ‘n Laaang stilte volg en net daarna ‘n histeriese gelag. Klop maar en die deur gaan oop. Daar staan bruid, nog in haar jeans en T hemp, nie ‘n smeersel grimering op haar gesig nie. Ek groet vriendelik, maar die twee vrouens lag nog te veel om iets uit te kry.
So lag lag, stap bruid verby my, soen my op die wang, bedank my dat ek gekom het en klim in haar kar. Weg is sy. Strooimeise begin die kamer opruim en bondel sommer trourok in ‘n swart sak. Sê nie ‘n woord nie.
Toe alles klaar opgeruim is, stap sy ook aan kar toe. Nou moet ek darem uitvind wat hier aan die gang is. Al wat strooimesie sê: Sy sou die fout van haar lewe gemaak het en ek het haar gekeer. Totsiens. Weg is sy ok.
Ek het nooit weer van bruid gehoor nie. Haar ma het gebel om te hoor of hulle my iets skuld siende dat ek nie opgedaag het by die kerk nie. Verbluf sê ek maar, nee niks nie tannie.
Tot vandag toe spook daai bruid by my – sal seker nooit weet wat agter daai toe deur gebeur het nie.
{ Junie 23, 2008 @ 10:45 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
{ Junie 19, 2008 @ 11:01 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Gekompliseerde rokke kan baie mooi wees, as jy weet hoe die ding werk..
Bruid het rok gehuur. Pragtige korset bo en onder lae en lae ragfyn tulle wat uiklok in ‘n prinses styl. Romp ryg in met ‘n band, dus pas bruid net bostuk aan en daar gaat hulle met die rok.
Die oggend van die troue glip bruid die hoepel onderrok aan en net daar begin die probleme. Die onderrok is te kort – set net bo haar knieg en boonop is die draad wat die onderrok oophou in hoepels baie hard. Bruid spook maar die rok bo-oor.
Dit lyk te kommieklik. Klein bolyfie en dan ‘n harde klok waaroor die materiaal amper span en dan skielik versag onder die knieë. Met elke beweging wat bruid maak swaai die onderkant van die rok heen en weer. Sy lyk nogal soos Marie Antoinette, maar glo my, haar kop is veilig (meer as wat die verhuur tannie kan sê.)
Uit met die onderrok. Nou hang rok soos ‘n sak en bruid kan glad nie loop nie want die romp is hopeloos te lank. Terug in die lampskerm.
Bondel vir haar letterlik in die troukar – die onderrok spring die kant toe en daai kant toe. Bel solank vir tannie verhuur – sy moet NOU kerk toe kom. Daar gekom staan die vrou en wag.
Toe bruid tranerig voor haar staan begin die vrou lag dat haat boesom skud. Al wat sy uitkry – die strikke, die strikke.
Die onderrok se draad lae word met strikke bymekaar gehou vir vervoer – bruid het nie geweet sy moet hulle eers losmaak nie. Alles wel eind wel.
{ Junie 18, 2008 @ 9:58 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Nie alle glipsies by troues is snaaks nie, party is bloot erg.




{ Junie 17, 2008 @ 9:41 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Gompies doen oor die algemeen maar hul eie ding voor, tydens en na troues. Hulle val maar in by die planne, maar nie Faantjie nie.
Hy was rond, vriendelik en saggeaard. Sy was ok rond, vriendelik en saggeaard. Hulle het mekaar geken van Sub A af en nou op 23 gaan die twee trou. Almal is bly. Op klein dorpies werk dit maar so, jy vat een wat jy ken, trek in ‘n huis in en bring jou kinners op om in dieselfde skoolbanke te gaan sit.
Faantjie had nog altyd ‘n kreatiewe streep in hom. Hy rangskik blomme, verf lappe, bak vir die skou en maak konfyt in die winter. Sy ma vertel altyd dat niks vir Faantjie se hande verkeerd staan nie. Dus is Faantjie midde in sy eie troue – hard aan die werk.
Saans maak hy plekmatjies deur blare te pars en op mekaar te plak. Servetringe draai hy op die draaibank uit hout. Dan verf Faan weer herfskleurige tafeldoeke, stik lapservette om, maak organza strikke vir die stoele en sweis staalrame vir blomstaanders. Al te gelukkig.
Verloofde maak rokke vir almal en sommer haar eie trourok ok. As sy vashaak help Faantjie uit. Saam bak hulle hul troukoek en sit nagte om en maak suiker blomme daarvoor. Die twee beplan omtrent en die spaarkamer loop al oor van die trougoed.
Week voor die troue is alles klaar en begin Faantjie op sy eie die stadsaal uitverf, tafels te skrop en stoele wat stukkend is te lap. Hy slag ‘n skaap vir die spit, kap hout vir gtoot vure en skrop sy braai toerusting.
Dag voor die troue is Faantjie erg besig. Teen laatmiddag staan die tafels en pronk, is die kroeg uitgepak, due vure gepak en die troukar gepoets. Alles perfek vir die troue.
Hulle het Faantjie drie uur daardie nag gekry. Langs sy stoel aan die bruidstafel – morsdood. Party sê hy het homself doodgewerk.
{ Junie 13, 2008 @ 12:30 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Baie bruide rook en op hul troudag knaag die senuwees, dus rook hulle bietjie meer. So was hierdie bruid ok maar.
Terwyl sy aantrek, word die hele proses kort gestop sodat bruid ‘n dampie kan gaan slaan buite want sien, sy mag nie in die gastehuis kamer rook nie. So pop daar kort kort ‘n bruid in verskillende stadiums van aantrek en grimeer by die deur uit – amper soos ‘n trou-koekoeklok.
Uiteindelik is sy innie rok en kan ons fotos neem. Sigaret word sommer eenkant gegooi en weer opgetel op hierdie stadium. Ek vra haar om haar sluier oor haar gesig te trek.
Waaragtig, bruid stook onder daai sluier – rook borrel uit en dit lyk te vreemd. Meteens gee sy ‘n gil. Daar sit ta – ronde gaaitjie dwarsdeur die sluier. In haar poging om die ding van haar gesig af te kry, brand sy sommer nog een. Trane.
Haar bruidsmeisie kloek en keer en probeer die sluier verstel, maar die gaatjie bly hier reg op die punt van haar neus en die ander een skuins bo haar regter oog. ‘n Plan moet gemaak word.
Steek op sê bruid vir almal wat rook. Kom ons brand die ding vol gate. So gemaak en kort voor lank het sy die oulikste sluier met ronde gaatjies netjies uitgesprei oor die hele ding.
Darna was daar geen keer nie – sy kon rook en nog asem kry deur haar ventilasie gate. Slim.
{ Junie 12, 2008 @ 12:56 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
{ Junie 11, 2008 @ 8:16 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Troukoeke is gewoonlik groot, mooi en lekker om te eet. Vandag se variasies is reusagtig, maar meeste bruide soek nog die tradisionele troukoek. Party voer die koek ding egter te vêr en gaan heel oorboord.
Die spesifieke troue was groot en duur. Alles net die beste en om dit mooi af te rond het bruid besluit op ‘n troukoek wat haar gaste nog lank sal onthou. Dit was ‘n monster.
In die middel van die reuse tafel staan die ding. Groot ronde basis koek met vier lae – elkeen kleiner opgestapel op pilaartjies daarop. Heel bo staan die plastiek gompie en sy bruid.
Dan vanaf die boonste laag loop vier bruê na vier ander koeke wat rondom die middelste koek toring staan. op die bruê is klein gompies en bruide uit op ‘n wandeling. Regtig groot troukoek.
Net om dit af te neem was al ‘n nagmerrie.
So breek die tyd aan om die monster te sny. Nog bruid, nog gompie kan naby genoeg kom aan die middelste toring om dit te sny, dus lê hulle half skuins oor die tafel en begin sny. Die tannie wat vir koek gemaak het, was nie skaam met die laag versiering daarop nie en die paartjie spook woes om deur die laag te sny. So begin die koek te wankel. Lyk kompleet of die vier bene van ‘n spinnekop aan die lewe kom.
Dan, sonder veel seremonie, begin die toring te kantel. Bruid keer, gompie keer maar die spul tuimel in mekaar. Oral trek klein gompies en bruide soos die suikerbruê vou. Lyk kompleet soos ‘n aardbewing wat die spulletjie tref. Binne sekondes is alles verby en staar almal na die hoop koek en suiker stukke wat nou net die grootse koek was. Maar daar is darem lekker geeet aan die stukke.
{ Junie 9, 2008 @ 3:44 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Lekker kos by troues laat gewoonlik die ondier in mense wakker word. Niemand kan tuis soveel eet op een slag soos by verniet kostafels nie. Ek self moet altyd aan alles proe.
Somer troue gewees. Warm dag en die kos was ‘n keurige buffet wat oor twee tafels gestrek het. Van vis tot afval, iets vir almal se smaak. Slaaie en slaaisouse. Lekker. Die gaste laat nie op hulle wag nie en skep met mening. Veral die mouse van salm kry groot aftrek.
Later die aand word die koek gesny, maar min gaste is juis lus daarvoor. Die dansbaan bly ook onheilspellend leeg en die kelners draf op en af met glase suurlemoenwater. Die gaste voel effens af.
Bruid kry vir orkes om lekker jolige musiek te maak en seremoniemeester sukkel meeste mense uit hul stoele tot op die dansbaan. Toe skeur die fyn net tussen pragtige troue en groteske gemors.
Die eerste tannie spuit ‘n straal dwarsoor die paartjie reg voor haar, wat op hul beurt spontaan vooroor sak en groot plasse op die vloer maak. Skuins oorkant hulle gooi ‘n fyn dame in haar hande op en begin histeries gil. Haar man probeer help, gly en val dat sy kop so klap op die vloer.
Binne tien minute het driekwart van die gaste uitgestorm buitentoe, party het dit selfs gemaak, maar die lang gekleurde strepe op die vloer vertel die hartseer storie van erge voedselvergiftiging.
{ Junie 6, 2008 @ 4:06 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
{ Junie 5, 2008 @ 4:00 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Bruidsruikers is so uniek soos bruide. Langsteel rose, lelies in ‘n bos, engelse posies – elkeen dra ietsie anders. Hierdie bruid van my het egter haar blomme gehaat soos pes en dit voor ons nog uit die aantrek kamer is.
Haar bloemis het ‘n ronde bal van daai groen goed (oases) gebruik en kort steel roosknoppies daarin gedruk. Tussen in was kristalle en ‘n vlinder of twee. Bo – aan, was ‘n dun lintjie om vas te hou. In beginsel was dit ‘n pragtige idee.
Die blombal kan nie neergesit word nie en hang aan ‘n deurknop. Bruid gryp lint vas en skreeu van die pyn. Bloemis het die oases die hele nag lank in water geweeg voor sy die blomme ingedruk het. Die ding weeg ‘n ton en die dun lintjie sny in die bruid se vingers.
Maar sy klou maar. Haar vingers is naderhand blou pers soos die bloed afgesny word. So sukkel sy deur die dag met die bal wat nou drup drup ligte groen druppels op haar rok mors. En sy kan die ding nerens neersit nie.
Pas getroud verskyn bruid en gompie in die deur van die kerk. Gee pad! gil sy en gooi daai blombal soos ‘n waferse hamergooi atleet tussen die mense in.
{ Junie 4, 2008 @ 10:53 vm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Troukarre is altyd iets interessant. Van groot blink sportmotors tot kapkarre met perde. Maar almal van hulle kry darem die bruid by die kerk – wel amper almal.
Bruid het besluit sy gaan kerk toe in die Volkswagen Combi waarin hulle romanse begin het. So ‘n bloue met oranje gordyntjies en alles.
So glip sy in die agterste sitplek in en weg is hulle kerk toe. Ek ry solank kerk toe en wag. En wag. Geen blou bussie nie. Almal is naderhand op hol en staan met selfone teen die oor en soek na bruid of bestuurder. Geen antwoord.
Halfuur later lui gompie se foon – dis bruid: Ek sien net bloue hemel, kom help! So sit ons af na waar sy wag.
Daar gekom begin die lag oral uitslaan. Bestuurder het verkeerd afgedraai en met sy terugstootslag het hy nie sloot gesien langs die pad nie. Blou bussie staan amper regop op sy agterkant in die sloot.
Bruid lê teen die sitplek vas met ‘n weldoener se selfoon in haar hand. Ongedeerd, albei van hulle.
Sleep toe maar bussie uit die sloot, kry bruid kalm en gaan trou sommer in die breakdown se trokkie met die blou bussie op sleeptou agterna.
{ Junie 2, 2008 @ 7:00 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Bruide is oor die algemeen kalm, maar soms kry ek uiters senuagtige dames. Hulle hele lyf is gespan soos ‘n snaar. Allerhande rate en prate word ingespan om bruid te relax, met aaklige gevolge.
Die bruid ters prake was so ‘n senuwee wrak. Dan huil sy, dan lag sy dan hardloop sy uit buitentoe vir ‘n sigaret. Haar vriendin gryp in en gooi ‘n klomp alkohol af in bruid se keel. Fout. Nou is sy senuagtig en paranoies. Kort voor lank half dronk ok.
Nou moet sy inderhaas iets eet. Happies word bedien deur die eienaar van die gastehuis waar sy aantrek. Salm op brosbrood, komkommer op fyn wit brood – bruid pak weg.
Dan kom alles tot ‘n punt en bruid kook oor – gelukkig in ‘n klein sakkie wat een vinnig nader hou. Toe gaan dit beter. In die rok, in die kar en weg kerk toe. Oordentlik soos haar ma haar geleer het, steek sy die sakkie in die troukar weg om skande te voorkom.
Buite die kerk staan die troukar in die somerson en sakkie loop leeg. Toe gompie daai deur oopmaak om bruid in te laai, spring daar ‘n groen walm uit wat meeste omstanders wit laat word.
Uiters slim bruid: Ai, dit is darem ‘n gemene ding om aan ons troukar te doen en daar gaat die twee.
{ Junie 2, 2008 @ 6:52 nm }
·
{ Uncategorized }
{ }
·
{ }
Steve en Harvey
Dankie vir wat julle vir blogging in SA gedoen het.
Groetnis
