Deur die jare het ek geleer om ‘n paar plekke uit te kies waar ek my troufotos neem. Veral een huis met ‘n ongelooflike tuin was een van gunstelinge. So sit ons af na die troue vir ons foto sessie daar.
Ek leer altyd my bruide dat ‘n reuse gevolg wat agter jou aantou terwyl jy probeer fotos neem, net ‘n probleem is. Maar dese bruid wou daarvan niks weet nie. Bykans veertig mense maal in die tuin om ons terwyl ek probeer kalm bly.
Nou ek en my niggies voor die fontein, ons en my tannies op die gras, ek en my ouma oppie stoep – elkeen daar word op een of ander tyd nadergepluk vir ‘n foto. Absolute chaos. Na omtrent een volle uur is ons klaar en bondel die spul by die hek uit – onthaal toe.
Daar aangekom is dit weer chaos. Almal wil eers gou gaan kamerverlaat. Dan bondel die lot kroeg toe. Na omtrent nog ‘n uur kom die spulletjie aan die gang en heildronke volg. Gompie is laaste.
“Dankie vir my Ma, Pa en Ouma……….” Hy bly doodstil en kyk vir sy bruid wat weer vir haar nuwe skoonma kyk wat op haar beurt vir haar man kyk wat maar gedwee begin rondkyk innie saal. “Fok”, sê gompie, “waar is my ouma?”
Alamal soek. Sy is skoonveld. Ek en gompie en omtrent ses ander (vir ondersteuning) sit die stuk in – terug na die foto huis toe.
Daar sit ouma op die stoep. Gin en Tonic amper klaar, kuier sy en die huiseienaar te lekker.
Nou maar toe,” se Ouma beleefd, “dankie vir die gesels, maar lyk my die kinders is nou klaar met die foto nemery.”

Dellie Said:
on Maart 27, 2008 at 7:36 vm
Siestog! Arme Ouma! Maar dit klink of sy die kuiertjie geniet het by die huismense?
Laat my dink aan my vriendin toe haar dogtertjie nog klein was – sy is oppad winkel toe, kry die baba gereed, draai haar mooi styf toe in die kombersie, en kry koers. Toe sy in die winkel kom, besef sy sussie lê nog op die bed in die kamer! Gelukkig was dit nie lank nie, en sy was nog so klein dat sy nie kon omrol nie. Maar ons laat nie vir Ma daarvan vergeet nie, hoor! Vra altyd dat sy haar kinders tel voor hulle huistoe gaan!
Marina Said:
on Maart 28, 2008 at 10:54 vm
:-O jolly Ouma!!