Of jy nou uit ‘n paleis kom of kruip uit onder ‘n bos, daar is een vir jou. So glo ek, maar ai as daai een darem so goed verskuil bly raak dit moeilik. Dan hoor jy net ‘n geklangelang soos die deksels een vir een opgepas word.
So verander jy in ‘n drukkoker wat enige tyd kan ontplof want jou deksel sit te styf, of jy brand aan want jou deksel pas glad nie. Ander potte dans rond met deksels wat los sit ander staan roerloos – te bang hulle skewe deksels val af. Party potte het ou deksels op waarvan die knoppe afgebreek het. Nuwe potte skaam hulle vir hul ou vaal deksels. Blinkgeskuurde ou potte lyk sommer net simpel met splinternuwe deksels op.
Maar potte wat gesoek het tot hulle nommerpas gekry het, kook lekker. Van feesmaal tot vla, alles wat daaruit voort kom is heerlik. Saam word die pot en sy deksel oud en soos die jare aangaan pas hulle net beter en beter.
Tada! Enter the frying pan met sy super ergonomiese, hitteverstelbare kleppe en temperatuur kontroles. Maar dit is ‘n ander storie.
Hoe kook jou pot? Vertel bietjie.


Pikkelik Said:
on March 24, 2008 at 1:48 pm
Kom ek wees nou maar eerlik, dit het my amper ‘n leeftyd gevat om die regte deksel te kry, maar boeta, toe hy pas toe blaas hy soos ‘n stoompot. Ek en Mynic maak die mooiste musiek saam, soms kom daar ook maar ‘n vals nootjie deur maar meestal sal ons ‘n CD kan sny.
Waar in die wêreld kry jy die aaklige foto. Lyk soos die troue uit die hel… Scary!
Dellie Said:
on March 25, 2008 at 8:57 am
My deksel is nommerpas. Soms kook dit ook maar so bietjie oor, maar die skoonmaak is net so lekker.
Eish, ek het nou amper in my koffie gestik vir daai foto! Ek hou die meeste van die hond se outfit!
neykie Said:
on March 25, 2008 at 9:10 am
eish sigaret in die hand van bruid terwyl sy swanger is? How you do that?
gompie se denim het meeste aandag geniet
Marina Said:
on March 25, 2008 at 12:47 pm
Genugtig, hmmm sien hulle bly in ‘n “Trailor”
My deksel pas goed dankie! Soms as die hitte te hoog raak en dit borrel en kook baie erg dan sit jy hom mos so half “skuins” tot alles bedaar.