Die doring in haar voet

Party mense is eenvoudig nie reg vir trou nie. My bruid was weer in ‘n wit rok vir die tweede rondte. Haar eks en sy is al 5 jaar geskei, maar hulle is bure en deel ‘n dogtertjie.

So breek tweede troudag aan en ek vind bruid lekker relaxed op die stoep waar sy aantrek. Glimlag en kuier met vriendinne. Grimering  word gedoen.

Met die, laai eks vir dogtertjie, sy is die bruidsmeisie, voor die deur af en ry weg. Die kind loop lomp van die pyn en huil snot en trane. By nadere ondersoek kry bruid ‘n doring in kind se voet, lekker vrot en bloedrooi geswel. Boosheid pak haar beet en sy gryp vir selfoon.

Net daar op die bed in haar japon, los bruid en haar eks al hul probleme op. Baie skreeu, huil en vloek, maar hulle werk deur al hul snot en sny tot op die been oop. Almal los haar maar laat sy aangaan, maar tyd staan nie stil nie.

45 Minute na kanseltyd, sit sy uiteindelik selfoon neer, trek haar jeans en t hemp aan en ry weg in haar motor – nie ‘n woord vir iemand nie.

Sy het nooit getrou daai dag nie, maar is terug na haar eks toe. Hulle het later nog ‘n kind gehad en bly tot vandag toe nog saam, reg langs haar aanstaande. En ja, almal is nou vriende en lag lekker oor die amper troue.

1 Kommentaar »

  1. Hectic! Doring in die vlees red huwelik. :D


{ RSS feed for comments on this post} · { TrackBack URI }

Lewer Kommentaar