Ons kondig aan ons BRUID VAN ELKE DEKADE Kompetisie.
Stuur vir ons jou troufoto, vertel in 50 woorde van jou groot dag en jy kan ‘n splinternuwe digitale foto album van jou troue wen.
Ons soek na die bruid van die 60’s/70’s/80’s/90’s en 2000.
Om foto te stuur – maak jou foto 470×350 pixels @ 72 Dpi (as jy sukkel, vra maar en ek sal laat weet hoe.) Onthou om jou naam en kontakbesonderhede ook in te sluit.
Wenners word gekies deur ons bloggers en die kompetisie sluit 18 Desember 2008.
Stuur jou foto na: karlsteynphotography@vodamail.co.za
Ons wag in spanning
Karl

netjane Said:
on February 25, 2008 at 12:05 nm
Lekker! Ek skryf in Oktober in sodra ek klaar ‘n bruid was.
René Said:
on February 25, 2008 at 12:26 nm
Oe!!! Ek wil inskryf, maar ek sal eers bietjie my storietjie moet skryf! Hou jou inbox dop!!
Adelem Said:
on February 25, 2008 at 1:39 nm
Dankie vir jou inloer op my blog.
Ek dink nou nie ek was die bruid van my dekade nie, maar oor jy my persoonlik uitgenooi het en ‘n ondersteuner van my blog is, aanvaar ek die tag.
Groete
Adele
Roer Said:
on February 25, 2008 at 3:46 nm
Goeie inisiatief KarlKoolstes, maar ek dink nog… Jy weet, dit was 12 jaar terug. As ek sien die ander girls is game, sal ek saam speel. Ciao!
Sonneblom Said:
on February 26, 2008 at 11:06 vm
Hi Karl,
Maar sterkte met die kompetisie, ek loer elke dag hier in.
Dankie vir die tag uitnodiging, maar ek sal ongelukkig van die hand moet wys. Is die 2de keer sommer by die landros getroud, en ek glo nie jy wil my eerste huweliks fotos he nie…..for obvious reasons
Karl Said:
on February 26, 2008 at 11:15 vm
Sonneblom
Natuurlik soek ons daai fotos. Al is dit net sodat jy self kan sien watse juweel jou eks verloor het.
Dankie vir die inloer hier, mense soos jy maak die blog die moeite werd
Karl
Sonneblom Said:
on February 26, 2008 at 2:54 nm
Lekker lag ek nou….skeidings huweliksfotos…mmmmm sal maar hard oor daai een moet dink
…
Ek lees elke dag hier, al comment ek nie altyd nie. Ek like jou blog, is lekker lig vir die gemoed. Hou so aan…..en maak ‘n toekomstige bruid groot, en hier is lekker tips
Groete
Sonneblom
Bottertjie Said:
on February 27, 2008 at 8:50 vm
Mmm, sal so doen! Wanneer is die sluitingsdatum? Kop en skouers foto of Vollengte ene?
Bottertjie Said:
on February 28, 2008 at 5:28 vm
O, sorry, ek sien 18 Desember….