Soms maak selfs fotograwe foute, maar net soms. Maar ek het sommer ‘n grote gemaak met ‘n elle lange reeks nagevolge. Dit was alles die koster van die Engelse kerk se skuld, maar hy sal dit nooit erken nie.
Bruid was rond. Nie vet nie, net rond. Sy trou in ‘n sjampanje kleurige styfpassende rok van rou sy wat vir haar gekoop is in Dubai deur haar tante. Sy lyk regtig goed innie rok ook. Geen blomme, sluiers of enige vreemde goed nie. Net die rok.
Haar pa was laat met haar by die aantrekplek(kan hom ok die skuld gee) en so verloor ons baie tyd om mooi fotos te neem voor die diens. Nou werk ons maar in die tuin van die Kerk terwyl die gemeente na die strykkwartet sit en luister. Bruid pose soos ‘n model en ek skiet vir ‘n vale.
Halfpad met die trap op na die deur toe, roep ek haar tot stilstand. Sit gou vir my op die trapmuurtjie en swaai jou voete af straat se kant toe. Ek was nog nie self op die trappe nie, so ek weet nie die koster polish sy trappe met rooi stoep polish nie. Bruid sit,swaai haar bene af, smile, staan op en stap innie kerk in.
Sovêr die arme vrou stap, vou almal dubbel van die lag. Nie hard nie, maar daai knyp alles vas en byt-eerder-deur-jou-tong-as-dit-moet tipe lag. Hier en daar proes een woes en die golf van histerie trek al agter die bruid aan.
Toe sy voor daai kansel stop, was daar nie ‘n kalm mens in die kerk nie. Haar ronde boudjies sit bloedrooi en volrond agter op haar sy rok. Sy lyk soos ‘n mannetjies bobbejaan in paartyd.
Nou lag die mense hardop en bruid probeer om self te sien wat op haar rok aangaan, maar ek het mos genoem sy is rond. Hoe meer sy probeer kyk, hoe meer lyk dit soos ‘n hond wat sy eie stert jaag. Gille uit die banke. Gelukkig begin bruid ook onbedaarlik lag, klap haarself op die rooi ronde boud en draai haar aandag op die dominees.
Sy het my vergewe, maar ai, daai tante praat vandag nog sleg van my. Ek weet, want my een oor sing elke keer as ek polish sien.

KruidjieRoerMyNie Said:
on February 23, 2008 at 3:30 nm
Ag siestog! Die arme ding, maar sy het dit briljant hanteer. Wel, ten minste het hulle ‘n lekker storie vir die kleinkinders. Hoop jy’t ‘n foto van die boudjies geneem…
TristonJ Said:
on February 23, 2008 at 3:43 nm
Oooo jine en ek dog my dag was n desaster!! Bly sy kon jou darm vir die rooi boudjies vergwew.
sonkind Said:
on February 23, 2008 at 8:26 nm
Hierdie is skreeusnaaks! Gelukkig neem niemand ‘n bruid van agter af nie. Eintlik jammer, want nou het sy geen aandenking aan haar rooi boude nie!
wag-ʼn-bietjie Said:
on February 24, 2008 at 9:34 vm
Ai tog, hehehe
Marina Said:
on February 25, 2008 at 9:00 vm
LOL vir bobbejaanmannetjie in paartyd………mag ek nooit so lyk nie!!
Karl Said:
on February 25, 2008 at 9:49 vm
Ek het pragtige fotos van my rooiboudjie bruid, maar sy skop vas soos ‘n muil oor plasing daarvan. So ek respekteer haar gevoelens.